|
GENIET, WAARDEER EN RESPEKTEER PARKIE |
|
Die Breedevallei Munisipaliteit het as deel van sy omkeerstrategie om agterstande aan te spreek, verskeie opgraderingsprojekte onderneem. Die projekte wat daarop gerig is om verdere verval te keer en beter lewensomstandighede vir die inwoners van die Breedevallei te skep, sluit onder andere die ontwikkeling van die Worcesterdam area in. Die Raad het dan ook die area tussen die twee damme in ’n park omskep. Díe oopruimte wat oor die jare baie agteruit gegaan het, lyk deesdae pragtig. Tog is dit jammer dat ten spyte van die Raad se pogings om ’n sindelike omgewing vir inwoners en besoekers te skep, daar nog altyd diegene is wat dit vir ander bederf. Voorvalle van alkoholmisbruik en rommelstrooi kom dikwels, veral oor naweke voor. Selfs met die ekstra vullisdromme wat aangebring is, lê daar nog steeds rommel rond. Dit is veral Maandagoggende na ’n naweek opsigtelik. Meegaande fotos toon die parkie op ’n Vrydag en op ’n Maandag.
 
’n Groot dankie aan almal wat rommel optel en help om ons mooi dorp skoon te hou. |
|
|
COUNCIL MEETING - 25 JUNE 2013 |
|
|
Newspaper Notice of Approved Budget and IDP 2013-2014 |
|
|
|
|
|